Sy naam is Heer
'n Naam is so aan Hom gegee
Waardeur Hy my verlossing gee –
Die naam van alle name Heer
So wil ek Hom verhoog en eer.
Hy is die Here van my hart
Want hy neem weg my sondesmart,
En maak my vry van sware las;
Van sonde is ek skoon gewas.
Sy Naam is hoog bo almal hoog
Ek wil Hom eer en Hom verhoog.
Hy’t my gesoek en my gevind
En is my altyd goedgesind.
En my uit die moeras getel
My voet op vastigheid gestel
En hou my wel en ook gesond
'n Nuwe lied vanuit my mond.
Hy’t my geplaas op gode grond
Met Eng'le in die wydte rond
Wat oor my waak by dag en nag
En my herinner aan Sy mag.
Want uit Hom kom die aarde voort
En al wat ooit daarop behoort.
Hy’s koning van die mense siel
Beheer die draaiing van die wiel –
Want uit Sy liefd’ kom lewe wel
Hy red vanuit die dode hel
Elkeen wie Hom erkenning gee
En volg Sy voetspoor en Sy weë.
Hy sorg vir my van dag tot dag
Behoed bewaar my deur die nag;
Van moeilikhede red Hy my
Koop ook my siel met Sy bloed vry.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 7 September 1986